DIE MAUSER
By Julia Hattingh
Sy mis die Karoo. Vir hulle wat daar woon is die subtiliteite daarvan verstaanbaar: dit is eenvoudig die mooiste plek op aarde. Sy was een van hulle. Dit het vir haar gewink, by tye meedoënloos, die droogheid, die reuke, die plante. Al wat sy toe kon doen, was om op haar perd te klim, die Vrystaatse veld in te ry en haar die sanderige, semi-woestyn, hitte deurdrenkte oop ruimtes op die Karooplaas waarvoor sy so baie lief was, voor te stel. Vandag was net so ʼn dag en het gevra vir ʼn lang, harde rit. Sy het begin om die mooihede van die Vrystaatse landskappe te waardeer en het die verkenning van die veld te perd as ʼn lonende uitstappie ervaar. Toe sy met haar terugkeer die heuweltop bereik, met die wind wat haar hare oor haar gesig warrel en haar perd wat hyg en sweet van sy inspannende oefening, laat sy haar blik oor hulle grond dwaal. Toe sy op die plaasopstal afkyk, omhul ʼn oomblik van ongeloof haar, gevolg deur polsende paniek. Rook? Rook! Ja, dit was dik, swart rook wat uit die Voorwaarts-opstal opstyg!
Nee, nee, skree sy in haar kop, nie my huis ook nie! Vlieg na die duiwel, julle Britte, vervlakste Kitchener, vervlakste oorlog, nee, nee, nee! Kitchener se verskroeide aarde-beleid het menige plaasopstalle in die omgewing verwoes. Vroue en kinders is nie beseer nie, maar is na buite gesleep om te kyk hoe alles waarvoor hulle gewerk het, tot smeulende swart as met die skerp reuk vernietig word. Diere is geslag om te verseker dat die families van die Afrikanerboere heeltemal behoeftig gelaat word. Dit was die Achilleshiel van hierdie Boereguerillas. Hulle kon nie die indringers beveg en terselfdertyd hul huise beskerm nie.
Verskrik het sy haar perd aangespoor en teen die heuwel afgejaag op die lang sandstrook met die slaggate wat as 'n pad deurgegaan het, na haar huis toe. Verwoesting … kinders het buite tussen die veld bosse saamgedrom, met Mina, die kombuishulp wat hulle probeer troos, honde wat blaf, hoenders wat kloek, chaos waar sy ook al gekyk het – tog met 'n doodse stilte in haar gedagtes. 'n Stilte wat op haar geskree het: Britte, Britte, donnerse Britte, nog 'n opstal met die grond gelykgemaak, hierdie keer hare. Geen gedagte aan besittings, oorlewing, menslikheid nie, net Britse soldate wat Lord Kitchener se bevele uitvoer.
Johanna het die ontembare gees van die ware Afrikaner gehad. Haar oorheersende gedagtes was dat haar mense sou saamstaan, en geen Britse regering, Lord Kitchener, Cecil Bleddie John Rhodes of enigiemand anders sou hulle op hul knieë bring nie. Onmiddellike optrede was nodig.
Toe sy perdgery het en die eerste berigte by die plaas ontvang was het die werkers alle vee, diere, plaashoenders die veldt ingejaag, party na skuilings agter die koppie wat hopelik nie deur die adrenalien-gedrewe Britse troepe opgemerk sou word nie.
Nou is Rooiman te perd na die naaste plaas gestuur om hulle vir die aankoms van die Pretorius-gesin voor te berei. Die stapel stinkende, smeulende kole sowel as diere en voels wat oorleef het, was al wat die familie oor gehad het.
In haar voorskootsak voel sy die harde, verkrummelde punt van 'n beskuit. Haar oë is gevul met ongestorte trane. Dit was van die laaste voedselvoorraad wat sy vir Stephanus, haar man wat by die Boere se jongste guerrilla-aanval teen die Britte aangesluit het, ingepak het. Vrouens het min van die bedrywighede van hul manne geweet, hulle het padkos ingepak: droëwors, biltong, beskuit wat saam met droëvrugte hul rantsoenpak vir oorlewing was, en natuurlik die gedroogde saad vir wat as koffie deurgegaan het. Af en toe het die manne vleis bygevoeg – enigiets wat hulle vir die pot kon vang of skiet.
Bekommerd en afgetrokke, het Maria Steenkamp inderhaas slaapplek vir die Pretorius-kinders uitgesorteer; werkers het die hoenders in hoenderhokke ingejaag, die vee wat ook al gered is, toegemaak, en vir die bediendes hul eie blyplekke opgerig. Maria hou 'n beker koffie teen haar lippe, staar na Johanna se geskokte gesig en dink: "Hemel, hoe gaan ons hierdie mense help en onsself beskerm?"
“Ek het nooit gedink hierdie duiwel se vuurwerke sou tot by ons deel van die wêreld strek nie, Maria, my kop draai, ek het soveel dinge om te doen, niks waarmee ek dit kan doen nie, en ek weet nie eers waar om te begin nie. Ek weet nie waar Stefanus is nie, of hy gaan terugkeer, en as hy terugkeer dan, is al waarheen hy tuiskom, stowwerige as en dorre landerye.” Trane van woede, frustrasie en ongeloof het oor Johanna se stofbedekte wange gerol, onder haar ken saamgetrek en in haar uitgewaste blou bloes gedrup.
Maria gekyk hoe die klam kol groter en groter word. Dit laat haar terug dink aan 'n soortgelyke situasie in 'n ander deel van die Vrystaat . Wat sê 'n mens? Sy het daardie ervaring duidelik onthou. Verwoesting – haar niggie is met niks gelaat nie, en die gesin het buite in tydelike skuilings gewoon. Siek kinders is na nabygeleë gesinne geneem om verpleeg te word, terwyl die herbou van die woning begin het.
“My vriendin, moenie bekommerd wees nie … jy weet ons mense van die Karoo is almal ‘familie’ en sal deel wat ons het, en mekaar help. Wanneer ons manne terug is, sal hulle planne maak hoe om jou huis te begin herbou. Intussen bly julle almal hier by ons.”
Johanna kyk ongelowig na haar, “Maar ons het niks, absoluut niks nie. Hoe kan ons almal by jou bly?”
“Luister nou na my Johanna, dit is nonsens. Jy het jou kinders, die res van jou vee sal deur Rooiman en my buitewerkers gaan haal word; ons sal almal saamwerk. Om mee te begin, het die groentetuin aandag nodig; elke kind sal 'n werk kry, en ons sal saamtrek. Ons sal ons vee saamvoeg en as een gesin leef. ”
En so het die twee benoude vroue gesit en 'n lys beplan oor hoe om te oorleef totdat hul mans sou terugkeer huis toe.
Eerstens is die waardevolle items van die Steenkamp-huishouding in koffers gepak en ondergronds begrawe. Kos is bymekaar gemaak, gerantsoeneer en op verskillende plekke gestoor – bouvallige buitegeboue wat baie jare nie gebruik is nie, maar … wat wel stoorplek gehad het. Verspieders is gedurende die dae en die nagte geplaas, nie dat hulle veel anders kon doen as om as 'n vroeë waarskuwingstelsel op te tree nie. Dit sou hulle genoeg tyd gee om weg te kruip en hulself voor te berei. Berei 'n mens jou ooit voor vir net so 'n geleentheid, dink Johanna. Terwyl sy saam met Maria gewerk het, het haar hartseer verander in gramskap, toe in woede, 'n innerlike brandende vuur wat die oorblyfsels van hulle huis weerspieël.
Die Boere het hul landelike omgewing intiem geken. Met hul plaaswerkers kon hulle met gemak spoorsny en vir die pot skiet. Vegtend vir hul grond, wat hul oorheersende passie was, het hulle bedrewe geraak in guerrilla-oorlogvoering. Hulle het sommige skermutselings gewen, ander verloor, maar was skrikwekkende teëstanders.
“Ek mis hierdie geselskap, Maria, ons vroue ontmoet mekaar net by nagmaal.” Sy slaan en knie en stamp haar brooddeeg rond.
"Hemel, Johanna, daardie brood sal óf na die hemel opstyg, óf na die hel toe neerdaal soos jy dit rondmoker – frustrasies?"
“Meer as frustrasie, boosheid, woede, ek is so woedend dat ek skaars my gevoelens kan beteuel.”
“Ek sien so. mmm Nagmaal. Wel, oor nagmaal voel alle boervroue so, dis net by nagmaal dat ons regtig bymekaar kan kom en inhaal … ja, Rooiman?”
“Sjoe, sjoe, sjoe. aaai, aaai miesies … sjoe miesies.”
“Ja, Rooiman, praat nou, ons luister.”
‘Die boere, ons manne het die stryd net langs die Koringberg gewen, die Ingilse, hê hê hê, hulle ry op die perde, hulle hardloop, hulle kruip, hulle ontsnap, maar mnr. Snyman het nou hulle kaptein, ja ja ja, hy het hom. Hy loop met die perd, hulle gaan na mnr. Snyman se plaas toe.”
“En Baas Pretorius en Baas Steenkamp?” vra al twee vrouens saam.
“Neeeee, hulle is goed, goed, ja goed. Niks makeer hulle nie.”
Later die aand het Veld Kommandant Snyman die twee vroue besoek.
“Naand dames. Nog 'n verskriklike brand. Aaai mevrou, ek is so, so jammer oor die verlies van jou huis, en vee. Ons Afrikaners staan in tye soos hierdie saam, en planne sal gemaak word om behoeftiges te help.
“Mevrou Pretorius,” hy kyk aandagtig na haar, “kan jy ons help?”
“Wel … ek … wat is dit, Veldkommandant?”
“Ons het die Engelse kaptein gevang, maar het iemand nodig om hom vanaand te bewaak. Ons is in die laaste fase van ons beplande hinderlaag en kan nie ’n man spaar nie.”
“Maar waarom ek?”
“Hou op, Johanna, jy kan enigiets vir ons saak doen … jy is dapper en sterk, en as die veldkommandant wil hê dat jy dit moet doen … dan moet jy help.”
Dit was toe dat die veldkommandant stap na waar Johanna sit, iets in haar oor fluister en met die wegstap sê: “Ons verwag jou om 21h00.”
Later die aand het Johanna haar in 'n gemaklike wiegstoel bevind, 'n kombers om haar skouers, met breiwerk in haar hande, ʼn Mauser oor haar skoot. Sy staar hard na Kaptein Cooper wat ongemaklik aan 'n kombuisstoel vasgebind was.
Die oë wat syne ontmoet het, was koud soos ys, klipsteenhard, en vreesloos. Hy het daaroor gewonder. Maklik genoeg om 'n vrou te oorrompel, maar … hy het gehoor dat die Boervroue uitstekende skuts was en wapens net so maklik soos kombuisgereedskap kon gebruik.
Toe sy desperaatheid om homself te verlig te groot geword het, het hy vir Johanna geknik: "I need to go to the bathroom."
Sy het hom baie goed verstaan, maar gemaak of sy nie verstaan nie. Kriewelende in die stoel wys hy na sy onderlyf: "I have to pee!"
Sonder 'n woord staan Johanna op, beweeg om na die agterkant van sy stoel, maak die eerste knoop los en beduie dat hy homself nou kan losmaak, terwyl sy heeltyd agter hom staan met die Mauser direk op die middel van sy rug gerig.
Hy het dit instinktief aangevoel en na buite beweeg. Sy het hom gevolg en toegekyk hoe hy homself verlig.
Hy kyk na haar: "What now?" Sy beduie met die Mauser, terug na binne.
Hy beweeg om te hardloop en skielik was hy bewus van hoe versigtig sy aanlê. Die koeël suis by sy linkeroor verby met ‘n oordowende geluid soos dit wegskiet.
“Heilige hel!” hy het gedink, “dit was verdomp naby. Beter om terug te gaan binnetoe.” Daar het sy beduie dat hy sy bene aan die stoel moet vasmaak, sy hande agter die stoel moet sit en blitssnel het sy hom weer vasgebind.
Hulle het albei geweet hy kon ontsnap, maar daardie bloedige Mauser in die hande van hierdie kwaai Boerevrou het niks gedoen om sy senuwees te kalmeer nie. So het hy gesit … en gesit …. Sy het gebrei … en gebrei, tot dagbreek.
"Môre, mevrou, alles reg hier?" Die veldkommandant se stem was ietwat verbaas.
“Nog steeds hier, Kaptein?”
“Wel … ja, waar anders sou ek wees?”
“Jy is ‘n gelukkige man. Ek het gedink ek sal terugkom en jou dood op die drumpel kry.”
“Hoe so?”
“Jou Britse idioot, die huis wat jy 'n tyd gelede afgebrand het, het aan mev. Pretorius behoort,” wysend na die vrou, “en sy het my toestemming gehad om jou dood te skiet. Sy is die beste skut onder al die Boervroue, kan net so goed soos enige man wild vir die pot skiet en kon jou in ’n oomblik doodgemaak het.”
“As sy besluit het om dit te doen, sou ons nie ’n spiertjie verroer het nie. Om die waarheid te sê, ons sou dit as jou verdiende loon beskou.”