IN GEVAL VAN DOOD EN IN GEVAL VAN SIEKTE (IGVS):
Die IGVS Vorm word gebruik:
- Om te verseker dat geliefdes die nodige inligting het om na u wense met u begrafnis om te sien.
- Om te verseker dat die nodige wagwoorde, rekeningnommers en mediese fondsbesonderhede beskikbaar is.
- Om te verseker dat u Testament gevind kan word.
- Om te verseker dat daar geen gesinsgevegte ontstaan oor klein sake as u oorlede is nie.
- Om te verseker dat u weet met wie u moet kontak en op hoogte hou..
- Om aan die Eksekuteur van die boedel te gee sodat 'n volledige en nuwe stel gedetailleerde inligting beskikbaar is.
- Om te verseker dat u huweliksmaat minimum trauma en spanning op die tydstip ondervind - korrekte en akkurate inligting is maklik en redelik beskikbaar.