Suid-Afrikaanse Vereniging vir
Afgetredenes

Kontak nommer: 021 592 1279

Die Nie So Gewilde Onderwerp Van “Begrafnisse”

Vir ‘n vinnige oorsig van die polis, kliek hier

Die onderwerp van begrafnisse is nie gewild of iets waaroor ons graag wil praat nie, maar dit is so ‘n integrale deel van ons lewe. Ons moet ingelig wees en die regte keuses maak vir ons geliefdes.  Daar is ‘n paar goed om oor te dink.

 Het u geweet dat ‘n begrafnis enige iets kos tussen R15 000 vir ‘n baie basiese begrafnis tot R85 000 vir ‘n meer uitspattige begrafnis?

 Ons glo dat ‘n geliefde se lewe vereer moet word met spesiale warmte en omgee.  Met ‘n begrafnis sal jy ‘n paar belangrike besluite moet neem.  Jy gaan hulp benodig om ‘n gerespekteerde begrafnis te reël om die wense te eer van die familie, of as beskikbaar, die gedokumenteerde wense van die oorledene.

  • Het u al gedink daaroor om u laaste wense op papier te sit?
  • Het u ‘n plan in plek om u familielede te help?

In die geval van ‘n dood,  sal U begrafnisdiensverskaffer U kan help om ‘n ondernemer te kry wat sal omsien na die onmiddelike begrafnisreëlings.  Tradisioneel word begrafnisreëlings gedoen by die begrafnisonderneming maar soms bied die groter ondernemers hierdie diens in die privaatheid van U eie huis aan, as U dit so verkies.

 Die begrafnisonderneming sal met die dokter reël om ‘n doodsertifikaat uit te reik wat die oorsaak van dood uiteensit.  Indien ‘n person in ‘n hospital doodgaan sal die teenwoordige dokter ‘n doodsertifikaat uitreik.  As ‘n persoon oorlede is weens onnatuurlike oorsake, moet dit aan die polisie gerapporteer word.  Die oorledene  sal deur hulle verwyder word en na die staatslykshuis toe gevat word. ‘n Doodsertifikaat sal eers uitgereik word nadat ‘n nadoodse ondersoek gedoen is om die oorsaak van dood te bepaal.  Wanneer die doodsertifikaat uitgereik word en die familie klaar die person uitgeken het, dan kan die oorledene vrygelaat word na die begrafnisonderneming toe.

 Die verteenwoordiger sal u lei, adviseer en hulp verleën om die begrafnis wat mees geskik is vir u familielid te reël.   Party van die groot besluite wat u sal moet maak behels:

  • Keuse van begrafnis, verassing of grafsteen diesnte.
  • Die dag, tyd en plek van die diens.
  • Die Dominee of Predikant.
  • Die orrelis/ musiek/ voorlegging/ skyfievertooning.
  • Is ‘n familie besigtiging van die oorledene toepaslik?
  • Hoe sal u die oorledene wil aantrek?
  • Watste soort doodskis?
  • Wie gaan die doodskis dra?
  • Wie gaan die huldebyk aanbied?
  • Watse blomme sal meer toepaslik wees vir die doodskis en/of die kerk?
  • Wil u ‘n begrafnis nota geplaas hê in die koerant? Watse koerant?
  • Donasies na ‘n liefdadigheidsorganisasie in plaas van blomme.
  • Tee wat bedien gaan word na die diens, indien wel, waar?
  • Watse spesiale dinge kan gedoen word om die diens te verpersoonlik?
  • As ‘n verassing gedoen was, wat wil u doen met die as na die verassing? En
  • Beskikbare fondse om te help met al die bogenoemde.

 

‘n Begrafnis polis betaal uit binne 24-48 uur  na al die noodsaaklike dokumente ontvang is en vir die onmiddelike voordeel van die rëlings vir die begrafnis.

 

Ander feite om in ag teneem:

  • Die oorledene kan tot en met 2 weke gestoor word voor die diens gehou kan word
  • Balseming is partykeer vereis/versoek by verskillende kulture
  • Party families soek nagwaak by die huis op ‘n Vrydag aand en dan die begrafnisdiens op die Saterdag
  • Reëlings vir ‘n grafsteen en die oprigting daarvan
  • Ekstra gereedskap vir die grafsteen, wat nie toepaslik is vir verassing nie
  • Spyseniering ens. is ‘n gereelde versoek; en
  • Langafstand repatriasie indien nodig.

 

Dokumente wat by Begrafnisondernemings ingedien moet word:

  • Identiteidsdokument van die oorledene
  • Kennisgewing van dood (BI1663) uitgereik deur ‘n mediese praktisyn
  • Doodssertifikaat uitgereik deur Binnelandse Sake

 

Neem kennis dat alle dokumentasie wat benodig word op u polisdokument uiteengesit is.

Het u geweet dat indien u die SAVA Bystandsvoordele Plan het, u sekerheid het dat geliefdes nie sonder verantwoordelike finansiele beplanning sit in die tyd van dood nie?

Die SAVA Bystandsvoordele Plan  sal enige iemand dek tussen die ouderdom van 50 - 84 jaar . Van so min as R55 per maand vir R10 000 dekking.  Laat ons u skakel en vir u die geskikte voordele aanbied op toepassing is op u ouderdom.  Wil u hê ons moet u terugskakel? 

Whatsapp ons op: 064 900 5976 of stuur vir ons ‘n e-pos op info@mahala.mobi

 
Verder het ons dit goed gedink om ‘n paar toegevoegde waarde voordele  as ‘n opsionele keuse vir u beskerming en gerief aan te bied van so min as R62.00 per maand vir die Hooflid en Gade:

 

In die geval van die Hooflid / Gade se dood:

  1. R500 kontantbetaling vir 6 maande vir die oorblywende familie se voordeel
  2. ‘n Checkers koepon ter waarde van R750 vir groente en kruideniersware
  3. Lugtyd ter waarde van R250
  4. Electrosure: R750 voorafbetaalde elektrisiteit betaalbaar oor 3 maande
  5. Koepon ter waarde van R3 000 by ‘n plaaslike slaghuis van u keuse.

 

Voortgesette lewende voordele:

  1. Mediese en Wettige advise lyn 24/7

 

Laat een van ons konsultante u terugskakel om seker te maak dat u voldoende begrafnisdekking in plek het om te voorsien vir u familie in die tyd van u dood.

 

WHATSAPP ONS OP: 064 900 5976

E-POS ONS OP: info@mahalas.co.za of anne@saarp.net

OF SKAKEL ONS OP:  086 062 4252 (Mahala Call Centre)

OF SAVA:   021 592 1279 (Anne Lewis)

 

 Mahala (FSP nr: 21961) en SAVA (FSP nr: 44177) is albei goedgekeurde Finansiële Diensteverskaffers.